Besprekings:
Grace & Gerrie GroblerTel: 028 537 1575
Sel: 083 378 9503
Email: info@kabeljou.co.za
Tariewe:
Hoogseisoen – R400
(Paasnaweek & 1 Desember tot 15 Januarie)
Buiteseisoen – R300
(Res van die jaar)
- Prys per eenheid vir eerste twee persone
- R50 per kop per nag vir elke addisionele persoon
- Kinders onder twee jaar gratis
- Prys per eenheid per nag vir kuiers van 7 nagte en langer – 10% afslag
- Betaling: ‘n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar vir bevestiging van bespreking en die balans by aankoms
- Geen Krediet Kaart Fasiliteite
- Deposito kan buite seisoen terugbetaal word, indien kennis van kanselasie betyds gegee word
- Neem kennis: Tariewe soos hierbo aangedui is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing
- Rook Slegs Buite
Kaart & Roete Aanwysings:
Wag asseblief geduldig terwyl die kaart laai. Die geel merker dui Kabeljou Vakansiewoonstel aan. Zoom in om 'n meer gedetailleerde aansig te kry. Kliek hier vir 'n vergroting van die kaart.
Indien die geel merker nie wys nie, probeer 'n ander web 'browser' of kliek vir die vergroting en tik "Kabeljou Flat" in die soekveld.
Directions:
- Witsand is geleë ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Plettenbergbaai
- Draai uit die N2 op die R322 na Witsand. Die afdraai is ongeveer 4 km wes van Heidelberg
- Volg R322 vir 28 km tot by Witsand
- Draai links by die eerste vierrigtingstop
- Ry reguit oor een stopstraat en kyk uit op regkerkant vir Nella se Winkel
- Net na Nella se Winkel – draai regs in Mosselkrakerstraat
- By T-aansluiting draai regs in Kabeljoustraat
- Kabeljouwoonstel is regs - Kabeljoustraat 23
Other Accommodation:
Ons het ook akkommodasie in Diasstraat, te wete vier eenhede wat elk tussen 4 en 6 persone kan huisves. Vir meer inligting, email ons of skakel ons by 028 5371 575.
© 2009 . Webwerf ontwerp deur Design Culprit
Valid W3C XHTML Transitional 1.0
/ Valid W3C CSS 2.1
Kabeljou selfsorgwoonstel lê in die hart van die vriendelike visvangdorpie, Witsand en kyk uit oor die pragtige San Sebastianbaai. Hierdie baai is een van die belangrikste kraamsale van die Suidelike Noordkaper aan die kus van Afrika en groot getalle van die reuse diere kom kalf elke jaar hier. Op ‘n goeie dag tussen Junie en Oktober, kan walviskykers tot 50 van die rustige reuse tel.
Accommodation:
Kabeljou woonstel is geleë in Kabeljoustraat – een van die tipiese straatjies van die oorspronklike dorpie. Dis binne stapafstand van die riviermond en swemstrand, met ‘n pragtige uitsig oor die rivier en ‘n beperkte uitsig oor die see. Die woonstel kan tot 8 mense huisves in 3 slaapkamers.
- Slaapkamer met koningsgrootte bed
- Slaapkamer met dubbel- en enkelbed
- Slaapkamer met 4 enkelbeddens
- Bababed beskikbaar
- Een badkamer met bad en stort
- Ten volle toegeruste kombuis – yskas, vrieskas, stoof en mikrogolf
- Aparte eetkamer
- Sitkamer met TV
- Braai fasiliteite
- Veilige parkering vir voertuig en boot
- Beddegoed word voorsien, bring eie handdoeke
Witsand is ongeveer 3 en ‘n half uur se ry vanaf Kaapstad en 2 uur vanaf George - ‘n lekker oorblypunt op jou Tuinroete toer. Maar as jy Witsand regtig wil geniet, bly langer, sommer heelwat langer...
As watersport of hengel jou passie is, dan is hierdie die plek vir jou. Witsand is geleë waar die Breederivier in die Indiese oseaan uitmond. Dis die grootste getyrivier in Suid-Afrika. En verskaf wonderlike geleenthede vir veilige swem en hengel - 14 km strand met rotspoele, waar gestap en gespeel kan word.
Activities in Witsand:
Hengel
- Witsand is bekend as een van Suid-Afrika se beste hengel bestemmings.
- Die Breederivier mond is beroemd vir sy reuse kabeljoue. Getyvloei strek 40 km stroomop en dra ‘n ryke verskeidenheid vis- en voëllewe.
- Rots en strand hengel is goed by Witsand. Kabeljou, Galjoen, Belman, Elf, Leervis, en haaie word veral gevang.
- Diepsee uitstappies kan maklik gereël word as jy graag Haai, Kabeljou, Geelbek, Stompneus, Roman of Rooisteenbras wil vang.
Kyk na Walvisse
- Suidelike noordkapers is volop in San Sebastianbaai. Hoogseisoen vir walvisse is Junie tot Oktober. Dis ook die tyd wanneer hierdie gebied op sy mooiste is.
Water Sport
- Is jy ‘n seilplankryer, seiljagmens, snorkel jy of hou jy van waterski? Kom doen dit hier of hier naby.
- Wonderlike swemstrand. Waterponies is verbode en voertuie word nie op die strand toegelaat nie.
- Die wind is dikwels perfek vir 'kite surfing'.
Voëlkyk
- Witsand het ‘n aktiewe Voëlklub. ‘n Groot verskeidenheid voëlsoorte, o.a. reiers, eende, arende, valke, tobies, visvangers, skoorsteenveërs, word gereeld gesien. Blou kraanvoëls is volop in hierdie area, om nie eens te praat van volstruise nie. En dan is daar nog al die kleiner soorte wat baljaar in die fynbos.
Rus en Vrede
- Witsand is ver weg van die gewoel van mense. ’n Mens kan kilometers ver op die strand stap, absoluut veilig. Misdaad is iets wat ons nie ken nie.
- Die area bied wonderlike natuurskoon, veral in die winter en lente, wanneer die wêreld grasgroen en goudgeel is (van die graan en canola). Maar somer het sy bekoring, dis gemaklik warm en heerlik om buite te wees.
- Daar is ‘n netwerk voetpaadjies dwarsdeur die dorp en verskeie langer voetslaan- asook 4X4 roetes in die area.
- Gaan ry bietjie rond in die fraai historiese dorpies Vermaaklikheid, Puntjie, Waenhuiskrans, Malgas en veral De Hoop Natuurreservaat – alles net om die draai.
Witsand het ‘n landmerk vir reisigers en hengelaars geword en ons sien daarna uit om julle hier te verwelkom, Sommer gou!
Kabeljou Vakansiewoonstel l Tel: 028 537 1575 l Sel: 083 378 9503 l Email: info@kabeljou.co.za ^ Bo ^