Besprekings:
Grace & Gerrie GroblerTel: 028 537 1575
Sel: 083 378 9503
Email: info@kabeljou.co.za
Tariewe:
Hoogseisoen – R375
(Paasnaweek & 1 Desember tot 15 Januarie)
Buiteseisoen – R275
(Res van die jaar)
- Prys per eenheid vir eerste twee persone
- R50 per kop per nag vir elke addisionele persoon
- Kinders onder twee jaar gratis
- Prys per eenheid per nag vir kuiers van 7 nagte en langer – 10% afslag
- Betaling: ‘n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar vir bevestiging van bespreking en die balans by aankoms
- Geen Krediet Kaart Fasiliteite
- Deposito kan buite seisoen terugbetaal word, indien kennis van kanselasie betyds gegee word
- Neem kennis: Tariewe soos hierbo aangedui is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing
- Rook Slegs Buite
Kaart & Roete Aanwysings:
Wag asseblief geduldig terwyl die kaart laai. Die geel merker dui Woonstelle Diasstraat, Witsand aan. Zoom in om 'n meer gedetailleerde aansig te kry. Kliek hier vir 'n vergroting van die kaart.
Indien die geel merker nie wys nie, probeer 'n ander web 'browser' of kliek vir die vergroting en tik "Woonstelle Diasstraat, Witsand" in die soekveld.
ROETE AANWYSINGS :
- Neem afdraai na Witsand op N2, 5 km van Heidelberg aan die Swellendam kant.
- Vierrigting stop by winkelsentrum, Sands. Draai links.
- Eerste straat Hitchcockstraat, regs. (Nie by wit pilare na La Riviere).
- Volgende straat : Tomlinson, links.
- Volgende straat : Diasstraat, regs, tweede huis (siersteen, woonstelblok), links.
Other Accommodation:
Ons het ook akkommodasie in Kabeljoustraat. Die woonstel kan tot 8 mense huisves in 3 slaapkamers. Vir meer inligting, email ons of skakel ons by 028 5371 575.
© 2009 . Webwerf ontwerp deur Design Culprit
Valid W3C XHTML Transitional 1.0
/ Valid W3C CSS 2.1
Diasstraat Woonstelle:
Diasstraat woonstelle is ongeveer 500m vanaf die houtjettie aan die Breërivier, 2 km vanaf die swemstrand.
Die woonstelblok bestaan uit 4 woonstelle, een op grondvlak en drie bo. Toegang tot die boonste woonstelle met ‘n oploop helling. Daar is balkonne reg rondom, wat braai en buite verkeer maklik maak, onafhanklik van windrigting. Braai geriewe by elke woonstel, maar ook groot geriewe buite op grondvlak. Die woonstelblok staan op ‘n baie groot erf, gevolglik is daar genoeg veilige parkering vir voertuie en bote.
Akkommodasie:
Woonstel 1 :
Behalwe vir die oploop toegang, is daar ook trappies. Groot kamer met dubbelbed en enkelbed; gangetjie met stapelbed; woonkamer met nog ‘n enkelbed. Beddegoed word voorsien. Badkamer met bad en stort, toilet apart. TV in slaapkamer. Woon/eetkamer ingerig met rusbank, stoof, mikrogolfoond, yskas, groot vrieskas, ketel en eetgerei vir 6 persone. Balkonne aan drie kante.
Woonstel 2 :
Groot kamer met dubbelbed en enkelbed; gangetjie met enkelbed; woonkamer met nog ‘n enkelbed. Beddegoed word voorsien. Badkamer met bad en stort, toilet apart. TV in slaapkamer. Woon/eetkamer ingerig met rusbank, stoof, mikrogolfoond, vries- yskas kombinasie, ketel en eetgerei vir 6 persone. Balkonne aan twee kante. Geplaas tussen woonstel 1 en 3.
Woonstel 3 :
Groot kamer met dubbelbed en 2 enkelbeddens; gangetjie met enkelbed; woonkamer met nog ‘n enkelbed. Beddegoed word voorsien. Badkamer met bad en stort, toilet apart. TV in woonkamer. Woon/eetkamer ingerig met rusbank, stoof, mikrogolfoond, yskas, groot vrieskas, ketel en eetgerei vir 6 persone. Balkonne aan twee kante.
Woonstel 4 :
Grondwoonstel. Kamer met dubbelbed en wasbak, klein stoepkamertjie met enkelbed en buitedeur. Gangetjie. Woonkamer met 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien. Badkamer met stort, toilet apart. TV in woonkamer. Woon/eetkamer ingerig met 2-plaat stofie met oond, mikrogolfoond, yskas, groot vrieskas, ketel en eetgerei vir 6 persone.
Witsand het ‘n landmerk vir reisigers en hengelaars geword en ons sien daarna uit om julle hier te verwelkom. Sommer gou!
Om 'n lys van aktiwiteite wat Witsand bied te sien, kliek hier.
Kabeljou Vakansiewoonstel l Tel: 028 537 1575 l Sel: 083 378 9503 l Email: info@kabeljou.co.za ^ Bo ^